This is what time should feel like
What a moment should feel like
Like a second suspended in space
Like a growing anticipation of a curtain
Before the first act starts
Before you know you will fly
Like closing your eyes in the rain
Or knowing your lover is on the other side of the door
Like the moment before you kiss
Or standing on the brink of something
Like breathing
A suspension of a moment
A feeling
A specific happiness
A perfection of a moment
Time painted in a still life
This is what a moment should feel like
~09/07/09
Vandag
Vandag soek ek jou
Om elke hoek en elke draai
En verwag jou stem
As ek my foon optel
Vandag sien ek jou in elke blommetjie
En elke straathoek en elke foto
Het ‘n storie om te vertel
Vandag wil ek jou blou oë saammet my koffie inneem
En jou bekende tree langs my hoor loop
Sonder om ‘n woord te praat
Vandag wil ek saammet jou maak of ons kan verf
En soos ‘n regte kunstenaar
Ons name op ligte teken
Vandag beleef ek jou in my gedagtes
En blaai ek elke bladsy van ons storie
Stadig om
Vandag wil ek jou groot postuur in my deur sien staan
En my hele dag net op jou skouers laai
Omdat ek weet jy sal dit vir my dra
Vandag wil ek net met jou dans
En sommer op jou tone trap
Omdat ek weet jy nie sal dink ek’s stupid nie
Vandag wens ek ek kon in jou oop arms inhardloop
En dat jy my in die ronde sal draai
Soos net jy kan
Vandag wil ek jou hoor lag uit jou maag uit
En saamlag
Omdat die lewe heeltemal te ernstig is
Vandag wil met jou baklei dat die spoeg spat
Want ek weet ons sal more oggend met ‘n glimlag opstaan
En saam kaalvoet in die reën kan hardloop
Vandag wil ek jou onvoorwaardelike vriendskap so intents beleef
Want ek weet dit hang nie af van hoeveel keer ek kerkoe gaan
Of dronkraak in die square nie
Maar net van jou en my
Vandag wil in my spore omdraai
En terughardloop na gister
Waar ons nog net kinders was
En al die seerkry
Net toneelspel
Vandag wil ek lank met jou gesels
Oor diep dinge
En dan lag tot almal vir ons kyk
Vandag wil sommer net sit en weet
Dat jy daar is
~2005
Eenvoud
Dis amper asof jy
‘n deel van my stadig
stukkie vir stukkie
oopdraai
en amper asof ek nie eers omgee nie
en dit waarvoor ek bang was
met elke woord van jou
stadig verdwyn
en jy maak my rustig
sonder om hard te probeer
en sonder moeite
maak jou binnekant my kalm
en ek word hartseer oor jou
net oor ek gewoond is aan hartseer wees
en jys vir my soos
eerlikheid moet wees
en vrede moet voel
en ek besef nou eers dat ek nog altyd van eenvoud gehou het
al het ek agter drama aangehardloop
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment