Tuesday, November 3, 2009

Hartseer

Hierdie jaar het ek bietjie van ‘n love-hate relationship met die stilte. Aan die begin was ek nogal verbouereerd elke keer as ek by die huis stop en besef ekt niks om die aand/naweek te doen nie. Deesdae hou ek nogal daarvan. Maar dit beteken nie eks nie mal opgewonde as ek iets het om te doen nie!

Maar daar is nog dae wat ek die deur oopsluit en dan sit daai stil-hartseer vir my en wag. Of dit klop aan my deur en nooi himself in soos ‘n ou vriend, of seker meer soos familie, want dis asof die hartseer partykeer veels te gemaklik in my hart is. En soos gewoonlik over-stay die hartseer sy welcome heeltemal. Party oggende word ek wakker en eks soos “Is jy nogsteeds hier? Het ek nie al vir jou totsiens gese nie?”

Dalk hang vir van my af. Van of ek die deur oopmaak. Daar is tog ‘n plek vir hartseer, maar daai tipe wat vir ‘n rukkie kom kuier en dan een oggend staan jy op en hys weg. Maar partykeer is daar die hartseer wat bly. En dalk is dit omdat mens wil he dat hy bly. Mens vergeet hoe dit is om nie hartseer te wees nie. Mens vergeet hoe die die son voel en hoe dit is om saam vriende te kuier. En soms kan mens nie alleen van die hartseer ontsla raak nie, dis net saam God wat jy dit weer by die deur kan uitsit. Maar soms is dit tog ‘n besluit. Of ‘n herinnering aan ‘n tyd voor die hartseer himself in jou hart ingetrek het.

Ek voel nie particularly hartseer deesdae nie. Ek voel eintlik regtig goed. Maar ek onthou hoe dit is as die hartseer intrek en dan kan mens nie eers onthou dat hierdie tyd van mens bestaan het nie. Ek dink die duiwel jok vir mens. Dis amper asof mens ‘n romanse met die hartseer aangaan. Asof dit ‘n permanente verhouding word. Amper soos om in die verkeerde verhouding te wees, maar mens bly want dis bekend en veilig. As jy hartseer is word niks van jou verwag nie. Jy verwag niks van jouself nie. En eendag as jy ophou hartseer is dan moet jy opstaan. En dis moeite. Jy moet weer probeer. Weer kanse vat. Weer waag om eendag hartseer te wees. Dalk is dit makliker om net te bly?

Maar ek moet, op sulke dae, myself herinner dat dit tydelik is en dat dit worth it is om bietjie die kans te vat en op te staan. Partykeer verras geluk jou, net soos hartseer. ‘n Onverwagse lekker aand of ‘n oproep van ‘n vriend of net daai oomblik wat jy agterkom jyt vergeet van dit wat jou hartseer maak, al is dit net vir ‘n paar uur. En mens sal weer opstaan en mens sal weer aangaan.

3 comments:

  1. Dis 'n wonderlike 'n blog hierdie. Ek het nog net 'n klein bietjie hartseer beleef, maar ek kan identifiseer, veral met die liefdesverhouding wat jy met die hartseer ontwikkel; dat jy voel of jy 'n ooreenkoms het met die hartseer.

    Ek dink daar is 'n plek, soos jy se, waar mens niks van jouself moet verwag nie. Dit was vir my moeilik om te besluit hoeveel ek mag rou en verwerk en hartseer wees, en hoeveel ek liewer daarteen moet kies ter wille van my eie gesondheid... en my verantwoordelikheid teenoor die mense rondom my wat deur hulle eie smart gaan.

    Mettertyd raak dit minder en dan oorrompel dit jou weer skielik. Mag dit vir jou ook 'n proses van ontdekking wees - 'n hart wat so seerkry, moet immers ten minste so groot soos die seerkry wees. Dis 'n hart wat deur sy smart wys hoe groot sy kapasiteit vir liefhe is. Mag jy ook besef wat vir jou belangrik is, al is dit 'n seerkrytyd wat jou tot die besef bring.

    Sien so uit na die Berge. Dis nie meer lank nie.

    Ek het baie bewondering vir jou, vriendin.

    ReplyDelete
  2. Oeps! Die vorige comment was deur Cara, nie Marita nie! My rekenaar was nog ingelog met haar Google.

    ReplyDelete
  3. Hahahaha... ek dink nounet by myself, miskien moet ek sommer vir nuuskierigheid loer wie comment en toe is ek soos... wow... mmm nee ek kan nie onthou dat iets geskryf het nie, maar wag... het ek dalk? ek weet die blog het my baie laat dink maar whoah... so confused... hahaha en toe sien ek cara sn :D

    ReplyDelete