Saturday, February 28, 2009

Winter in jou hart

As ek maar kon
Soos altyd saam jou
‘n gesprek begin wat ‘n leeftyd aanhou
soos somer in die berge

As ek maar kon voel oor jou
Soos oor die see
Soos oor die stilte
Wat binne in my begin

As tyd maar kon stilstaan
En jy
Ook sit en wonder soos ek
Oor somer by die see

Ek ken my stilte
En jou vrees
Ek ken jou hande
En my asem

Maar soms is dit nie genoeg nie
Want dis winter in jou hart

No comments:

Post a Comment