Thursday, March 5, 2009

'n Goeie dag

Okay, so tussen gistraand en vandag was dinge net awesome. Ek was gistraand UIT in graskop. Ek het 'n bier gedrink in graskop. Nie gedink daai woorde kan in dieselfde sin pas nie!! Maar in elk geval, my buurvrou het vir my gevra of ek saammet hulle wil kerktoe gaan. Sure. Kerk. Maybe ontmoet ek nuwe mense. Ek het toe 2 meisies omtrent my ouderdom ontmoet. Die een het 'n 7 maande oue babatjie. Haar man is dood net na die kind se geboorte so dis nogal sad. In elk geval na kerk het ons gaan koffie drink en toe het ons 'n bier gaan drink. Random plek hierdie. En sulke ou omies het vir ons shooters gekoop en apparently is dit normaal want niemand het uitgefreak gelyk nie.

En vanoggend toe ek by die werk kom is ek die lucky wenner van 'n week lange konferensie oor vigs volgende week in badplaas. Jipeee!! Eks verskriklik bly daaroor. So... dit was 'n goeie dag. Nou moet ek net my oe oophou tot die son ondergaan dan kan ek gaan slaap...

O ja, ek het studente! Wits studente wat ek supervise. Dis awesome! Ek gee advise en help hulle met allerhande pasiente en so aan. Dis vreemd, onverwags, amper soos om 'n kind te he sonder om te weet dat jy swanger was. Okay nie so erg nie, maar bitter amper. Ek sit in vergaderings saammet hulle dosente en lyk all professional. He he. Who knew.

No comments:

Post a Comment